Maritha Pritchard
From Let's Talk Network Wiki
Biografie
Ek doen so 'n mengsel van alles. Werksgewys was ek al 'n joernalis, publisiteitsbeampte vir die destydse Johannesburg Civic Theatre en korporatiewe kommunikasiebeampte vir 'n farmaseutiese maatskappy. Ek het ook vir die kommunikasiespan vir Gautrein gewerk waar ek die projek se sosiale media profiel op die been gebring het. Ek gee al vir meer as tien jaar klas in media studies, kommunikasie, joernalistiek en skakelwese by verskillende instansies soos die Universiteit van Johannesburg, Tshwane University of Technology (TUT), Varsity College en die Public Relations Institute of South Africa. Ek het al darem een fiksie kort verhaal gepubliseer en my eerste artikel vir die akademiese tydskrif Communicare verskyn vanjaar. Dit is gebaseer op my onlangese Meesters graad in Joernalistiek by TUT oor citizen journalism en die hacker ethic. Ek is besig om myself as fotograaf te vestig en kiek alles van troues tot portrette en nuwe mammas.

