COP17, Wereldvigsdag en Haggis! - LT Afrikaans Episode 031

From Let's Talk Network Wiki

Jump to: navigation, search

Contents

Audio

Video

In Hierdie Potgooi

Gas

Ons kontakbesonderhede

In die Nuus

Algemeen

'n Gesprek oor COP17 en hoekom dit belangrik is

Iets Anders

Woord van die Week

hubris; hubristies: veral in die konteks van moderne kapitalisme en wat die “markte” genoem word

Resep van die Week

Haggis
‘n Skotse afvalgereg, amper so lekker soos daai gedisteleerde moutdrankie wat hulle ook maak.
Bestandele:

  • Die maag van ‘n skaap, goed skoongemaak, in kookwater gedompel en omgedop, en dan oornag in koue water laat lê.
  • Hart, longe en lewer van ‘n skaap, ook die harsslag genoem (dit hoef nie dieselfde skaap te wees nie)
  • ½ kg vleis trimmings van skaap of bees oorsprong (sluit goeie dosis vet in)
  • 2 uie fyngekap
  • 250 g hawermeel (e. oatmeal)
  • 1 t sout
  • 1 t swart peper (grof gemaal)
  • 1 t neutmuskaat (e. nutmeg)
  • 1 t foelie (e. mace, ‘n spesery wat van die dop van die pit van die neutmuskaat vrug gemaak word, so as jy nie foelie in die hande kry nie, kan jy net nog neutmuskaat gebruik).

Metode:

  • Was die longe, hart en lewer. Kook vir twee uur van koud af in water saam met die trimmings.
  • Wanneer gekook, drein die aftreksel en behou.
  • Maal die gekookte hart, longe, lewer, en trimmings.
  • Plaas in mengbak en voeg die hawermeel, uie en speserye by. Meng goed en voeg genoeg aftreksel by om die mengsel klam te hou. Dit moet sag maar krummelrig wees.
  • Skep die mengsel in die skaapmaag sodat dit net so oor halfvol is. Knoop die maag se in en uitderms met dun tou toe. Steek ‘n paar gaatjies in die maag met ‘n vurk sodat dit nie ontplof as jy dit kook nie.
  • Sit in kastrol en bedek met kookwater. Kook vir drie ure sonder ‘n deksel. Voeg van tyd tot tyd water by om die haggis bedek te hou.

Om te bedien, haal uit die water, sny die haggis oop en skep die vulsel uit. Bedien met fyn raap (“neeps”) en kapokaartappels (“tatties”). En natuurlik Skotse whiskey.

Personal tools